Goudkus, Queensland

Goudkus

Gold Coast
Die Goudkus se stadshorison
Die Goudkus se stadshorison
Goudkus is in Queensland
Goudkus
Goudkus
Ligging van die Goudkus in Queensland
Koördinate: 28°01′0″S 153°24′0″O / 28.01667°S 153.40000°O / -28.01667; 153.40000
StaatVlag van Australië Australië
Deelstaat Queensland
Stigting1959
Oppervlak
 • Totaal414,3 km2 (160 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal638 090
 • Digtheid972/km2 (2 520/vk. myl)
TydsoneUTC+10 (AEST)
Webwerfgoldcoast.qld.gov.au

Die Goudkus (Engels: Gold Coast) is ’n kusstad in Suidoos-Queensland, Australië. Die stad is 94 km (58 myl) suid van Brisbane, die deelstaat se hoofstad, geleë. Dit is die tweede digsbevolkte stad in die deelstaat, die sesde digsbevolkte in die land en die digsbevolkte stad in Australië wat nie ’n hoofstad is nie.[1] Die Goudkus het die grootste oorgrens metropolitaanse area in Australië as gevolg van die insluiting van Tweed Heads, Nieu-Suid-Wallis in die metropolitaanse gebied. Die Goudkus se metropolitaanse area konvergeer met dié van Groter Brisbane om deel uit te maak van ’n stedelike konurbasie van meer as 3 miljoen mense.[2]

Hoewel die oorsprong van die stad se naam onbekend is, is die naam “Goudkus” aan die stad verleen deur eiendomsbeleggers. Die eerste nedersetting in wat nou Suidoos-Queensland is, was ’n strafkolonie by Redcliffe. Die Goudkus-streek het grootliks onbewoon gebly tot 1823 toe die ontdekkingsreisiger John Oxley aan Mermaid Beach aangeland het. Die binneland se rooisedervoorraad het mense in die middel van die 19de eeu daarheen gelok. In 1875 is Southport opgemeet en gevestig en die reputasie van ’n afgeleë vakansiebestemming vir die hoër stand van Brisbane gekry.

Die Goudkusstreek het aanmerklik gegroei na die totstandkoming van die Surfers Paradise-hotel in die laat 1920’s. In die 1980’s het die area ontplof as ’n toeristebestemming en in 1994 is die Goudkusstad plaaslike regeringsarea uitgebrei om die grootste deel van die Goudkus se metropolitaanse area te omsluit. Deur hierdie uitbreiding het die metropolitaanse area die tweede digsbevolkte plaaslike regeringsarea in Australië geword na die Brisbane. Vandag is die Goudkus ’n groot toeristebestemming met sy sonnige subtropiese klimaat, strande vir branderplankry, kanale en waterweë, wolkekrabber-oorheerste luglyn, pretparke, naglewe en reënwoudagtige binneland. Dit beteken dat toerisme een van die belangrikste industrieë is. Die Goudkus het gasheer vir die 2018 Statebondspele gespeel.[3]

  1. "3218.0 – Streeksbevolkingsgroei, Australië, 2010-11" (in Engels). Australiese Buro vir Statistiek. 30 Maart 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 24 April 2012.
  2. (en) [1] Voorlopige bevolkingskattings vir plaaslike regeringsareas, 2009. Plaaslike regeringsareas wat by die berekening van Suidoos-Queensland se bevolking ingesluit is, is: Graafskap Beaudesert, Graafskap Boonah, Brisbane, Graafskap Caboolture, Stad Caloundra, Graafskap Esk, Graafskap Gatton, Goudkusstad, Stad Ipswich, Graafskap Kilcoy, Graafskap Laidley, Logan-stad, Graafskap Maroochy, Graafskap Noosa, Graafskap Pine Rivers, Redcliffe-stad en Redland-stad.
  3. (en) Goudkus wen Hambantota vir die aanbieding van die Statebondspele in 2018 Geargiveer 22 Oktober 2014 op Wayback Machine

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search